We have 17 guests and no members online

Vuur1SURVIVAL
The ability to live longer, with the least amount of pain, and the greatest possibility of a future… Read more

HenkDuPlessisSOUTH AFRICAN BOWYERS
Building handcrafted bows comparing to the best in the world ... Read more

Pic-2-bTRADITIONAL BOWS TESTED
Reviews of locally made traditional bows...Read more

Dit is weer Sterkrivier-tyd!

KampeerterreinTeikenskietBosskietLeer die kids

Deur Rean Steenkamp

Tradisionele boogskuts kom vanjaar weer vroeg bymekaar op Sterkrivier, skryf Rean Steenkamp oor dié jaarlikse tradisionele boogskietbyeekoms wat vanaf 21 tot 24 Maart gehou word.

Dié tradisionele boogskietbyeenkoms op Sterkrivier is sekerlik die bekendste en oudste byeekoms vir stokboogskuts in Suid-Afrika en moet gewis nie misgeloop word nie! By hierdie byeekoms kom vriende en stokboog-entoesiaste bymekaar en kry hulle die geleentheid om hul ondervindinge met die langboog en kurfboog met mekaar te deel. Hulle kan ook hul entoesiasme vir die sport met hul gesinne deel. Die Sterkrivier-saamtrek is 'n jaarlikse byeenkoms waar 'n klomp vriendelike mense met 'n liefde vir die tradisionele boog saam uitkamp, waar hulle met hulle selfgemaakte boë spog, waar boogbouers hulle nuutste ontwerpe kan uitstal en waar boogjagstories en boogskiet-praatjies tot middernag langs kampvure vertel word.

Verskeie pryse sal deur alle deelnemers gewen word – nie net deur die kompetisie-wenners nie. Die kampeerterrein is op 'n pragtige wildplaas geleë. Spoeltoilette en warm storte is beskikbaar, en mens kan by die gesamentlike braaiplek kuier of op hul eie braai by een van die braaiplekke wat op verskeie plekke op die terrein beskikbaar is. Kampeerders wat nie aan die skietkompetisie deelneem nie, kan in die damme naby die kampeerterrein visvang of swem. In die aande sal daar pap en sous, slaai en soms tuisgebakte brood vir al die kampeerders beskikbaar wees. Kampeerders moet hule eie braaivleis en ander eetgoed saamneem, maar verversings en versnaperings, wat warmbrakke en kerrie en rys insluit, sal by die snoepie te koop wees. Daar sal ook koeldrank en ander eetgoed op punte op die skietbaan beskikbaar wees.

Die kampeerterrein sal vanaf Woensdag 20 Maart oop wees en boogskuts kan gerus hul families en vriende saambring. 'n Formele boogskietbyeekoms wat oor drie dae loop word gehou en daar sal ook 'n "fun shoot" op die Saterdag aangebied word. Die prysuitdeling word vroeg Sondagoggend gehou sodat die mense redelik vroeg al in die pad kan val indien hulle sou wou.

Die Sterkrivierkompetisie word al vir meer as 'n dekade lank aangebied en die bywoning van die byeekoms is reeds 'n gevestigde tradisie onder stokboogskuts. Die byeekoms word ook nou onder die vaandel van TASA (Tradisionele Boogskutters van Suid-Afrika) aangebied.

Bel gerus vir Henk du Plessis by 082 948 2428 vir meer inligting.

About the Author

Rean Steenkamp

Rean Steenkamp

Rean Steenkamp, editor and owner of Africa’s Bowhunter magazine, is an enthusiastic traditional archer and bowhunter. He started hunting with a longbow in 1997 and has since bagged many African plains game with traditional bows, compound and black powder rifles. He also dabbled in bow building and published a bowhunting book titled “Let loose the arrow!”

Rean started his career in journalism in 1984 at a newspaper in Pretoria, South Africa. He interrupted his career at the end of 1991 when he joined the 37th weather team expedition to Gough Island, where he worked for 14 months as the communicator. The team consisted of only seven people living in isolation on the seven by 16 km island. Rean started the Africa’s Bowhunter magazine in 2000 while working as editor for the Game and Hunt magazine.

DeriekN1

Norsemen Archery, producer of the finest traditional bows has relocate to 285 Queen Elizabeth Ave, Manor Gardens, 4001. Land line 031 2617405 / 0741395598.
Derek Nourse

combretumMaart-2011

Traditionele lang en recurve boë deur Johan vander Merwe. 083 544 7042. Pasmaak vir jou

CUPIDAPRIL09Pierre de Wet
073 151 1992
Marble Hall
pierredewet@lantic.net

Heartwood Bows
Johnny Snyman: Bowyer
• Custom crafted traditional longbows, recurves and youth bows.
• Custom crafted arrows and leather archery accessories
• Custom crafted allwood and sinew-backed bows for purists
jheartwood@mweb.co.za   http://www.heartwoodbows.co.za

Copyright ©African Archer 2014. All rights reserved.
Designed by olwebdesign.com

We have 17 guests and no members online