We have 41 guests and no members online

Vuur1SURVIVAL
The ability to live longer, with the least amount of pain, and the greatest possibility of a future… Read more

HenkDuPlessisSOUTH AFRICAN BOWYERS
Building handcrafted bows comparing to the best in the world ... Read more

Pic-2-bTRADITIONAL BOWS TESTED
Reviews of locally made traditional bows...Read more


Dit is weer tyd vir Sterkrivier!

Die jaarlikse Sterkrivier-tradisionele boogskietkompetisie word op die langnaweek van 27 tot 29 April 2012 aangebied en boogkskuts van oor die hele land gaan die byeenkoms bywoon, skryf Rean Steenkamp.

Jade Adams, een van die baie kinders wat deelgeneem het.> Jade Adams, een van die baie kinders wat deelgeneem het.

Die byeekoms word op Henk du Plessis se plaas naby Sterkrivier gehou. Dié tradisionele boogskietbyeenkoms is sekerlik die bekendste en oudste byeekoms vir stokboogskuts in Suid-Afrika en moet gewis nie misgeloop word nie! By hierdie byeekoms kom vriende en stokboog-entoesiaste bymekaar en kry hulle die geleentheid om hul ondervindinge met die langboog en kurfboog met mekaar te deel. Hulle kan ook hul entoesiasme vir die sport met hul gesinne deel. Die Sterkrivier-saamtrek is 'n jaarlikse byeenkoms waar mense met 'n liefde vir die tradisionele boog saam uitkamp, waar hulle met hulle selfgemaakte boë spog, waar boogbouers hulle nuutste ontwerpe kan wys en waar boogjagstories en boogskiet-praatjies tot middernag langs kampvure vertel word.

André van Staden.< André van Staden.

Verskeie pryse sal deur alle deelnemers gewen word – nie net deur die kompetisie-wenners nie. Die kampeerterrein is op 'n pragtige wildplaas geleë. Spoeltoilette en warm storte is beskikbaar, en mens kan by die gesamentlike braaiplek kuier of op jou eie braai by een van die braaiplekke wat op verskeie plekke op die terrein beskibaar is. Kampeerders wat nie aan die skietkompetisie deelneem nie, kan in die damme naby die kampeerterrein visvang of swem. In die aande sal daar pap en sous vir al die kampeerders beskikbaar wees. Kampeerders moet hule eie braaivleis en ander eetgoed saamneem, maar kos en versnaperings sal by die snoepie te koop wees en daar sal ook koeldrank en ander eetgoed op punte op die skietbaan beskikbaar wees.

Cornelia Squirra.> Cornelia Squirra.

Die kampeerterrein sal vanaf 26 April oop wees en boogskuts kan gerus hul familie en vriende saambring. 'n Formele boogskietbyeekoms wat oor twee dae loop word gehou en daar sal ook 'n "fun shoot" aangebied word. Die Sterkrivierkompetisie word al vir meer as 'n dekade lank aangebied en die bywoning van die byeekoms is reeds 'n gevestigde tradisie onder stokboogskuts. Die byeekoms word ook nou onder die vaandel van TASA (Tradisionele Boogskutters van Suid-Afrika) aangebied.

Henk du Plessis kan by 082 948 2428 gebel word vir meer inligting.

Johan Smit en Martin Jacobson maak die musiek by die kerkdiens Sondagoggend.

< Johan Smit en Martin Jacobson maak die musiek by die kerkdiens Sondagoggend.


About the Author

Rean Steenkamp

Rean Steenkamp

Rean Steenkamp, editor and owner of Africa’s Bowhunter magazine, is an enthusiastic traditional archer and bowhunter. He started hunting with a longbow in 1997 and has since bagged many African plains game with traditional bows, compound and black powder rifles. He also dabbled in bow building and published a bowhunting book titled “Let loose the arrow!”

Rean started his career in journalism in 1984 at a newspaper in Pretoria, South Africa. He interrupted his career at the end of 1991 when he joined the 37th weather team expedition to Gough Island, where he worked for 14 months as the communicator. The team consisted of only seven people living in isolation on the seven by 16 km island. Rean started the Africa’s Bowhunter magazine in 2000 while working as editor for the Game and Hunt magazine.

DeriekN1

Norsemen Archery, producer of the finest traditional bows has relocate to 285 Queen Elizabeth Ave, Manor Gardens, 4001. Land line 031 2617405 / 0741395598.
Derek Nourse

combretumMaart-2011

Traditionele lang en recurve boë deur Johan vander Merwe. 083 544 7042. Pasmaak vir jou

CUPIDAPRIL09Pierre de Wet
073 151 1992
Marble Hall
pierredewet@lantic.net

Heartwood Bows
Johnny Snyman: Bowyer
• Custom crafted traditional longbows, recurves and youth bows.
• Custom crafted arrows and leather archery accessories
• Custom crafted allwood and sinew-backed bows for purists
jheartwood@mweb.co.za   http://www.heartwoodbows.co.za

Copyright ©African Archer 2014. All rights reserved.
Designed by olwebdesign.com

We have 41 guests and no members online